KLEIN KAROO CAMINO VIDEO'S

'n Video beeld ons bedrywighede die mooiste uit. Kyk gerus na die opwindende oomblikke wat vasgevang is op kort video's.

Die storie van die Klein Karoo is verweef met die volstruisbedryf. "Wit goud" soos wat wit volstruisvere in die 19e eeu bekend gestaan het, se opgetekende storie begin naby die De Hoop kerkgebou, 12km wes van Oudtshoorn. Ockie Cloete en Okkie Fourie het die wel en weë van die verebedryf, De Hoop, en Covid19 met mekaar in verband gebring. De Hoop is simbolies van 'n platgeslane gemeenskap wat ten spyte van erge swaarkry weer opgestaan het.

180 MINUTE VIR HOOP

Op die vlaktes van De Hoop is daar konsert gehou in die historiese sandsteenkerk van die De Hoop gemeente. Die oorspronklike gemeentelede was nie daar nie, die laaste dominee dalk al vergete, maar die boodskap van Hoop is gebring.

Hier is die naam, Camino van die Sandsteenkerke die eerste keer genoem - deur die burgemeester van die Groter Oudtshoorn en De Rust munisipaliteit, Raadsheer Chris Macpherson.

Die opnames van die konsert is goedgunstiglik deur Heartbeat TV gedoen en versprei.

Beleef die konsert deur op die video-skakels hieronder te kliek.

180 Minute Konsert
Danie Botha
Michael Lindt
Oorwinningslied

Camino van die Sandsteenkerke

September_09

Op 19 September 2023 word die eerste gaste van Klein Karoo Camino  op 'n begeleide bustoer geneem op die  Roete van die Sandsteenkerke.


Die toer vind plaas oor 5 dae en 4 nagte en alle kostes is ingesluit. Ons gaste reis per bus om dit meer toeganklik te maak vir ouer persone asook persone met gestemdhede.
AD September 2023
Ruite
ROETE VAN DIE SANDSTEENKERKE

TENOOR PIERRE VAN DER WESTHUIZEN

pierre1
Suid-Afrikaans gebore tenoor, Pierre van der Westhuizen, is 'n dinamiese en toegewyde uitvoerende kunstenaar in die klassieke styl. Sy uitgebreide solo- en konsertrepertorium sluit musiekgenres soos Gewyde arias, Inspirerend, Gospel, Liefdesliedere, Klassiek, en vele meer in.
Hy het talle konsert- en solo-optredes internasionaal uitgevoer, insluitend in Australië, VSA, Nieu-Seeland, Rusland, Zimbabwe, Namibië en het verskeie ander lande besoek met impromptu solo optredes, insluitend Israel.
Pierre toer gereeld deur Suid-Afrika. Hierdie toere bevat ook sy Comfort Ministries- musikale bediening.
Pierre by Bellinganhof
Pierre by Laerskool Wesbank

LYNETTE BEER SE KUIERTJIE

Om vir Lynette Beer en die energieke Hardus Grobler, die bedryfsbestuurder van hul maatskappy Seeds of Inspiration, in aksie te sien, is 'n belewenis wat die Klein Karoo Camino lank sal bybly. Lynette het met haar uitgebreide kundigheid groot waarde toegevoeg tot die ervaring van die gaste. Dit was Lynette se eerste besoek aan die Klein Karoo.
Die gehoor het haar optrede by Laerskool Wesbank met die tema 'n Lewe in Volkleur terdeë geniet. 

Banner_02

Kyk gerus na die video van dag vier van die besoek.

'n Dag saam met Lynette Beer.