Kom stap saam deur ons beeldskone land terwyl jy ook jou binnelandskap verken. Dit beloof om ‘n unieke en
verrykende stapervaring te wees.
Die Roete van die Sandsteenkerke begin met die Portugese seevaarders se verhaal. Vir 600km verder kronkel die roete deur bergpasse, die Groot-Swartberge en die Klein Karoo.
Dit is ‘n Reistog vir die Siel : Op die roete is daar is ‘n Bybelse Tuin, 'n Labirint, Lydensweg, olyfboorde, majestueuse berge, statige volstruispaleise en sierlike sandsteenkerke. Elke been van die roete vertel sy eie storie en bekoor jou met ouwêreldse gasvryheid.
Pad na Jou Hart is ‘n uniek ontwerpte staptog. Dit bied 'n veilige en ondersteunende ruimte waar jy jou ervarings sagkens kan verwerk.
Jy mag ook nuwe vaardighede aanleer wat jou sal ondersteun en versterk op jou lewenspad.
Soms begin die pad terug na jou hart deur bloot die eerste tree te gee.
Stap saam waar ons die spoor van die grotes volg: Meestal stap ons saam met die grotes figuurlik terug in tyd, maar soms volg ons letterlik die spoor van die grotes in die Knysnawoud.
Hierdie staptog is verrykend op soveel terreine van jou menswees. Elke roete kombineer besondere natuurskoon met die stories van die groot name wat deur al die jare steeds bly voortleef.
Sluit by ons aan vir ‘n viering van die Lente en geniet die beste weer wat die Klein Karoo bied.
Ons geniet die buitelug, die natuurskoon en goeie geselskap langs die pad.
Die afstande strek van 5km, 15km tot 30km.
Daar is iets vir almal – sien die program hier.
Akkommodasie, etes en vervoer van jou bagasie is ingesluit by die prys van alle toere.
Verken die staproetes van die Klein Karoo Camino
Hierdie is 'n ware reistog vir jou siel.