Ondervind jy dat jy soms swaar dra aan emosionele pyn of
trauma of dat jou huidige pad vol struikeblokke is?
Pad na Jou Hart is meer as net ’n staptog—dit is ’n
veilige, ondersteunende reis waar jy sagkens jou lewensuitdagings kan verwerk. In die natuur en gedeelde oomblikke met mede stappers, kry jy pitkos om weer jou lewensreis met nuwe moed aan te pak.
Genesing begin daar waar die son jou vel streel en stilte jou omarm.
Klein Karoo Camino, Pad na jou hart – ‘n Reistog vir jou Siel.
DATUMS: 8 - 14 November 2026
Duur: 6 nagte / 7 dae
Gradering: Maklik
Afstand: 45km
Johan Kloppers is die begeleier en ’n ervare berader wat met groot deernis saam met individue werk wat trauma beleef het.
Pad na
Jou Hart kombineer professionele ondersteuning met die helende skoonheid
van die natuur aan die voet van die Swartberge. Hier kry genesing kans om teen jou
eie tempo te ontvou—een tree op ’n slag, met ruimte vir stilte, groei en nuwe
hoop.
Kom stap saam met ons.
Soms begin die pad terug na jou hart deur bloot die eerste
tree te gee.
NAVRAE PAD NA JOU HART
Voltooi asseblief hierdie vorm vir navrae .