JOU STORIE JOU PAD
Chandelier_05
Jou Storie Jou Pad is 'n gesellige wegbreek na die Klein Karoo waar jy die rustigheid en ongerepte skoonheid van die platteland  kan ervaar. Saans kan jy terugsit en na die asemrowende sonsondergang kyk. Hier sorg die nabyheid van die aarde vir behaaglike rustigheid en tyd vir refleksie.

Skryf in vir hierdie ongelooflike ervaring saam met Klein Karoo Camino.

Klein Karoo Camino,   JouStorieJouPad – ‘n Reistog vir jou Siel.

DATUMS:         1 tot 6 Oktober 2025
Duur:                  5 nagte / 6 dae
Gradering:       Maklik

Afstand:            45km

JouStorieJouPad-Camino beklemtoon storievertelling as ‘n instrument vir selfontwikkeling. Daarom is die staproete doelbewus minder uitdagend met korter dagafstande.
Marika du Toit-van Heerden se liefde vir stap, die natuur, stories en mense het tot hierdie unieke stapervaring gelei. Sy begelei jou op ‘n staptog op 'n wildsplaas. Wanneer dit storietyd raak smiddae, kry jy die geleentheid om te reflekteer en om bietjie deur jou eie binnelandskap te reis. Soggens volg ons die voetpaadjies op die wildsplaas. Smiddae skryf, reflekteer en vertel ons stories.
Hierdie staptog is ‘n sielsreis wat jou sal verryk en inspireer. Ons nooi jou om aan te sluit by die pad van stories en ontdekking, ‘n reis wat jou lank sal bybly. Soos storieverteller en maatskaplike werker, Brené Brown tereg sê: "Owning our story and loving ourselves through that process is the bravest thing we’ll ever do."  Kom stap saam deur die Klein Karoo, ‘n reis vir jou siel, ‘n reis vir jouself.

Kom stap saam met ons.

Marika du Toit–van Heerden is ‘n opgeleide  maatskaplike werker, skrywer, motiveringspreker en entoesiastiese stapper. Haar nagraadse studies fokus op storievertelling as ‘n instrument vir bemagtiging en selfontwikkeling.  Haar sprankelende persoonlikheid en liefde vir haar medereisiger sal jou inspireer om  jou eie storie en pad kop omhoog te bly stap.

NAVRAE JOU STORIE JOU PAD CAMINO

Voltooi  asseblief  hierdie vorm vir navrae of besprekings.
Chandelier_04
Advertensie_002
Terug na: