SPITSKOP 130km FIETSRIT
Fietsryer_Driffie_05.jpg
Duur: 5 dae / 4nagte
Afstand: 130km - Aanpasbaar volgens u eie voorkeur. Aantal dae, afstande en datum(s).
Gradering: Maklik - matig  
Tipe fiets:  Bergfiets (MTB) of selfs 'n E-Fiets.

Hierdie vyfdagrit word teen ‘n gemaklike, ontspanne pas afgelê en dek ‘n totale afstand van 130km. Ons spandeer die tyd aan die voetheuwels van die Swartberge met Oudtshoorn as vertrekpunt. Die roete volg agterpaaie en plaaspaaie. Die plantegroei en natuurskoon is iets om te aanskou met die Swartberge wat heelpad in die agtergrond saamreis. Op ‘n plaas spandeer ons ‘n volle dag en verken die bergroetes op hierdie pragtige plaas. Ons word ook bederf deur ouwêreldse gasvryheid. Voordat ons terugkeer na Oudtshoorn, besoek ons die olyfplaas, de Rustica.

Neem ‘n tydtjie af, verloor jou hart in die Klein Karoo en kom ry saam met ons fiets aan die  voetheuwels van die Swartberg.

Die Klein Karoo Camino – ‘n Reistog vir jou siel

NAVRAAG / BESPREKING - SPITSKOP FIETSRIT

Voltooi asseblief hierdie vorm vir navrae of besprekings.

Fietse_Rus en Vrede Plaashuis