TRAP JOU STORIE  - GROOT BRAKRIVIER
Marika_Trap Jou Storie_Landing_Main

Klein Karoo Camino,   TrapJouStorie – ‘n Reistog vir die Siel.

DATUMS:         Bevestiging by bespreking.
Tydsduur:                  5 nagte / 6 dae
Gradering:       Maklik

Afstand:            130km

Marika du Toit-van Heerden se liefde vir stap en fietsry, die natuur, stories en mense het tot hierdie unieke ervaring gelei. Sy begelei jou op ‘n sinvolle fietsrit in die hartjie van die Tuinroete. Deur middel van storievertelling kry jy die geleentheid om te reflekteer en bewus te raak van jou binnelandskap.
Soggens volg ons die voetpaadjies van Groot Brakrivier langs agterpaaie waar die fynbos welig groei. Smiddae skryf, reflekteer en vertel ons stories.
Hierdie fietstog is ‘n ware sielsreis wat jou geïnspireerd en verryk sal laat. Sluit aan by die stories en die pad van ontdekking – ‘n reis wat jou op jou pad vorentoe sal bybly. Storieverteller en maatskaplike werker, Brené Brown sê: "Owning our story and loving ourselves through that process is the bravest thing we’ll ever do." Daag jouself uit en onderneem ‘n sielsreis deur die Tuinroete – vir jouself.

Kom trap saam met ons.

NAVRAE  TRAP JOU STORIE 

Voltooi  asseblief  hierdie vorm vir navrae of besprekings.
Trap Jou Storie_Landing
Terug na: