FIETSROETES

Die Klein Karoo Camino fietsroetes in die Suidkaap strek vanaf die kus tot in die hartjie van die Karoo. Die roetes sluit maklike gruispaaie en uitdagende bergpasse in. Elke roete is aanpasbaar om te voldoen
aan die fiksheidsvlak en voorkeure van deelnemers. Elke deelnemer ry teen ‘n persoonlike gemaklike pas en daar word genoeg tyd ingeruim vir rusposes. Bergfietse en selfs
e-fietse is ewe geskik om die roete kaf te draf.
Ons oornag in hotelle, gastehuise en gasteplase. Alle etes en akkommodasie is by die prys ingesluit en bagasie word gratis tussen oornagpunte vervoer. ‘n Ondersteuningsvoertuig vergesel
deelnemers en voorsien koue water en verversings langs die pad.
Kom ry saam met ons terwyl jy kans kry om ook deur jou binnelandskap te reis. Dit beloof om ‘n unieke en verrykende ervaring te wees.
Ons laat die speke sing - Kom trap saam.
Padlangs met jou fiets terwyl daar tyd is vir jou om ook deur jou binnelandskap te reis. Die pas is gemaklik en word afgelê op goeie gruispaaie.
Hierdie is 'n ware reistog vir jou siel.
