KLEIN KAROO CAMINO SE STORIE DEUR DIE LENS

Die Klein Karoo Camino projek se wortels strek terug tot Maart 2018. Ockie Cloete en Okkie Fourie het 'n droom gehad om gereeld besoekers na die Klein Karoo te bring. Planne is gemaak en die infrastruktuur is in plek gekry. Covid19 het alles tot 'n stilstand gedwing.

Op 9 Oktober 2022, nadat openbare byeenkomste weer toegelaat is, het Cloete en Fourie 'n konsert met die tema "Hoop" by die Sandsteenkerk De Hoop naby Oudtshoorn aangebied. Die gedagte vir die "Klein Karoo Camino" asook die "Roete van die Sandsteenkerke" het tydens die voorbereiding van die konsert by De Hoop ontstaan.

Om 'n tasbare bydrae tot die breë gemeenskap te lewer, is Helpende Hand Wes-Kaapstreek betrek.

Die konsert van "Hoop" by die Sandsteenkerk De Hoop.

De-Hoop-Church
Logo_Jou Siel_Blank

                                                         

Klein Karoo Camino se wortels lê hier by De Hoop.

Die storie van die Klein Karoo is verweef met die volstruisbedryf. "Wit goud" soos wat wit volstruisvere in die 19e eeu bekend gestaan het, se opgetekende storie begin naby die De Hoop kerkgebou, 12km wes van Oudtshoorn. Ockie Cloete en Okkie Fourie het die wel en weë van die verebedryf, De Hoop, en Covid19 met mekaar in verband gebring. De Hoop is simbolies van 'n platgeslane gemeenskap wat ten spyte van erge swaarkry weer opgestaan het.
Kunstenaars

Die vier kunstenaars wat by die konsert op De Hoop opgetree het.

Camino van die Sandsteenkerke

In en naby Oudtshoorn is daar 'n bykans ongeëwenaarde skatkis van bates met 'n Bybelse verbintenis. Die oorspronklike idee was om dit in 'n "Bybelse Roete" saam te voeg. Ockie Cloete het die beskrywing "Roete van die Sandsteenkerke" voorgestel. In September 2023 het ons hierdie roete per bus aangebied. 'n Verskeidenheid van ervarings dra by tot 'n unieke belewenis van die Klein Karoo. Die terugvoer van gaste was uiters positief en het die lewensvatbaarheid van die:

"Camino van die Sandsteenkerke" gevestig.

September_01
September_12
September_07
September_09

TENOOR PIERRE VAN DER WESTHUIZEN

Ter ondersteuning van Helpende Hand Wes-Kaapstreek het Cloete, Fourie en Marietjie Viljoen (Pick an Artist) 'n konsert met tenoor Pierre van der Westhuizen gereël. Dit is nie aldag dat só 'n gerekende klassieke kunstenaar die Klein Karoo besoek nie! Pierre het gedurende April 2024 by die ACVV Huis Bellinghanhof opgetree, asook by die NG Gemeentes Park en Moedergemeente. By die Laerskool Wesbank het Pierre voor 'n groot gehoor saam met die skoolkoor opgetree. Begeleiding is deur die pianis Suleyman Human verskaf. Reklame, media en kaartjieverkope is deur Marietjie Viljoen, Pick an Artist behartig.
Pierre & Lynette

FAMILIEBESOEK NOVEMBER 2024.

Dit was 'n groot plesier om hierdie familie op die Roete van die Sandsteenkerke te neem. Ons het elke oomblik van hul besoek geniet!
Selfs Bollie Wollie, die troetelskaap, het vir 'n foto poseer.
Familie_November 2024
IMG-20241112-WA0013
Bollie_Wollie
IMG-20241115-WA0045

LYNETTE BEER SE KUIERTJIE

Die bekende lewensafrigter, skrywer, motiveringsspreker, ontwikkelaar van die Vierkleur Temperament Model asook Seeds of Inspiration, Lynette Beer, het vir ons besoek in April 2024. Dit was 'n groot voorreg om hierdie dinamiese dame en ander gaste te verwelkom op die Klein Karoo Camino. Lynette se optrede by die Laerskool Wesbank was besonder geslaagd. Die sanger Michael Lindt was die gaskunstenaar.
Laerskool Wesbank
Lynette_Oraloor

Fietse op die Spitskop-Roete

Die Spitskoproete is 130km van bergfiets hemel. Vir elke opdraande is daar ook 'n afdraande! 'n Hoogtepunt van 2024 was die bergfietsryers wat die Spitskoproete mak getrap het.
Preview
Picture1
Picture2
Bennie en Gerda

KORPORATIEWE GASTE

Die verskeidenheid roetes van die Klein Karoo Camino en die kundigheid van sy personeel bied 'n vars geleentheid op vernuwing aan korporatiewe klante. 'n Pasgemaakte reisprogram wat die hoogtepunte van die Klein Karoo insluit, is vir 23 korporatiewe gaste in Oktober 2024 aangebied. Deur staptogte met innoverende aktiwiteite af te wissel het hierdie gaste 'n unieke ervaring geniet. Dieselfde ervarings is beskikbaar vir korporatiewe fietsry groepe. Vir 'n gefokusde korporatiewe reisprogram is Jou Storie, Jou Pad en Trap Jou Storie die ideale geleentheid vir vernuwing.
IMG-20250320-WA0087
IMG-20250320-WA0103
20241018_102210
IMG-20250320-WA0086
IMG-20250320-WA0096

JOU STORIE JOU PAD

2024 Is afgesluit met 'n unieke geleentheid. Dit is Jou Storie Jou Pad wat in November aangebied is. Die begeleiers was Marika du Toit-van Heerden en Johan Kloppers. Hierdie projek lê die Klein Karoo Camino na aan die hart. Dit word verfyn om in 2025 'n meer gefokusde ervaring te bied. 
IMG-20241126-WA0273
IMG-20241126-WA0211
IMG-20241128-WA0032
IMG-20241128-WA0160
IMG-20241127-WA0051