Ondersteun Helpende Hand

Is jy lus vir ʼn nuwe avontuur wat liggaam en gees sal verryk, terwyl dit ook vir ’n goeie doel is?
Bespreek dan sommer nou vir 'n staptoer saam met Hannes Noëth wat oor 120 km deur die Klein Karoo se natuurskoon strek. Hierdie unieke pelgrimstog neem jou deur die hart van die Klein Karoo.
Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, sal die staptoer begelei.
Die doel van die staptog is nie net om ʼn geestelike en fisieke uitdaging te bied nie, maar ook om geld in te samel vir Solidariteit Helpende Hand se projekte in die Wes-Kaap.
Ons trek weg in Oudtshoorn en stap al met die agterpaaie langs verby plase in pragtige natuurskoon. Die roete word oor agt dae aangebied, en die daaglikse stapafstande wissel tussen 14 km en 29 km. Ons besoek onder andere die Rooms-Katolieke Kerk se uitbeelding van die lydensweg, 'n Katedraal, 'n Sinagoge asook die oudste kerk in Oudtshoorn.
Ons stap verby olyfboorde en leer meer oor die vervaardiging van olyfolie. Een rusdag op 'n plaas is ingesluit waar jy in die plaasdam kan swem, kan ontspan of van die kort roetes op die plaas kan gaan stap.
'n Bybelse tuin gee tyd vir besinning, terwyl die natuurskoon en die unieke fynbos in die omgewing deurentyd bekoor.
Saam met Hannes glo ons dat hierdie ervaring verrykend sal wees en dat jy geïnspireer sal voel om jou lewenspad sinvol verder te stap.
Die staptog vind plaas vanaf 25 April tot 2 Mei. Indien dié avontuur jou belangstelling prikkel, kliek gerus op die skakel hier onder vir meer inligting.
Klein Karoo Camino - 'n Reistog vir die siel.