KORPORATIEWE AANBOD

Jou Storie, Jou Pad en Trap Jou Storie bied ‘n unieke geleentheid om deur storievertelling korporatiewe personeelontwikkeling te fasiliteer. Storievertelling word soomloos by stap en fietsry geïntegreer. Die hoogtepunt is op die einde wanneer die daaglikse sessies integreer in ‘n finale geheel.
Marika du Toit-van Heerden het haar Meestersgraad in die waarde van storievertelling in persoonlike ontwikkeling gedoen. Kennis en ervaring van hierdie vakgebied word met groot nut direk op die korporatiewe leefwêreld toegepas. Die eindresultaat is ‘n beduidende verbetering in interpersoonlike interaksie, groepkohesie, onderlinge meelewing en uiteindelik produktiwiteit in alle werksomgewings.
Vir vyf dae en ses nagte word storievertelling en stap of fietsry geïntegreer in ‘n lewens-veranderende korporatiewe ervaring. Die program is volkome aanpasbaar volgens individuele behoeftes.
Kontak ons gerus vir 'n lewensveranderingde korporatiewe ervaring.