Klein Karoo Langpad-Camino

LANGPAD-CAMINO
Duur: 22 dae/ 21 nagte
Gradering: matig tot moeilik
Afstand 400km
Elke mens het ‘n storie en elkeen het ‘n rede waarom hulle ‘n camino en ‘n reistog vir die siel wil aanpak. ‘n Sielstog is ‘n avontuur vir die gees en ‘n soektog na sin.
Die Langpad-Camino gee jou geleentheid om so ‘n sielstog van sin en groei aan te pak. Dit gee jou kans om weer jou hartklop te hoor terwyl jy deur die landskap van die Klein Karoo stap.
Hierdie Langpad-Camino bestaan uit vier korter roetes.Jy kan die hele afstand en dus al vier bene stap, of jy kan vir vir slegs die roete/s van jou keuse bespreek.
Ons is tans gereed om jou bespreking vir been een, naamlik die Spitskoproete, te neem. Hou ons webblad dop om te sien wanneer die ander roetes oopmaak.
Die begin en eindpunt hang af van die been waarvoor jy bespreek – hetsy George of Oudtshoorn.
Die totale roete is 400km lank en neem ons verby Mosselbaai, Attakwas, Saffraanrivier en deur die voetheuwels van die Swartberge .
Ons verower ‘n bergpas of twee en eindig weer na 22 dae.
Dit word van stappers vereis om ‘n mate van fiksheid te hê (alhoewel vele reken hulle stap hulle self sommer fiks op so ‘n roete…) om op ongelyk terrein en meestal grondpaaie te kan stap.
.Daag jouself uit, verloor jou hart in die Klein Karoo en kom stap saam met ons.
Die Klein Karoo Camino – ‘n Reistog vir die siel
Daag jouself uit, verloor jou hart in die Klein Karoo en kom stap saam met ons.
Die Klein Karoo Camino – ‘n Reistog vir die siel.
SPITSKOP - ROETE EEN