KLEIN KAROO CAMINO SE STORIE OP DIE LUG

Die Klein Karoo en sy mense is 'n skatkis van stories. Dit is ons droom om hierdie kosbare bate op te teken en te bewaar vir die nageslag. Luister gerus na opnames wat onlangs uitgesaai is. Ons sien daarna uit om meer van hierdie stories met luisteraars te deel.

RSG_Radio
RSG - Binnekamer
Lizelle de Bruin gesels met Ockie Cloete van Klein Karoo Camino oor die "Roete van die Sandsteenkerke".
Sandsteenkerke
RSG - Driesestig
Johan Fourie vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy grootworddae as plaasseun op De Hoop buite Oudtshoorn, toe die lewe nog sorgeloos was en hier nog water en ‘n groot landbougemeenskap was. Hy dink met heimwee terug, en vertel wat hy alles van daardie wêreld kan onthou.
Kinderdae op De Hoop
RSG - Driesestig
Carol French van die St. Saviour gemeente op Oudtshoorn vertel die verhaal van kroonprins Louis-Napoléon en die Bonaparte familie se verbintenis met Oudtshoorn.


Napoléon en Oudtshoorn
Pretoria FM
KONTREIDAGBOEK


Kontreidagboek