SPITSKOP

SPITSKOP - ROETE EEN
Die Spitskop Camino is 'n 9-dae en 120km-lange staptog deur die
unieke en diverse Klein Karoo landskap. Spitskop, een van die mooiste en hoogste pieke in die Groot Swartberge, reis in die verte saam met jou.
Dit is 'n sirkelroete wat begin en eindig in Oudtshoorn. Jy
stap al langs die voetheuwels van die majestueuse Swartberge. Verwag om skouspelagtige
uitsigte en die besonderse plantegroei
van die Klein Karoo te ervaar.
Ondervind die opregte plattelandse gasvryheid van ons
gashere- en vroue op jou pad. Beleef eerstehands die stories van die mense van
die Klein Karoo. Hierdie reistog beloof om jou te stimuleer,
te inspireer en om ‘n ware sielstog te wees. Jy hoef nie besonder fiks te wees
nie, maar met ‘n goeie gees en ingesteldheid en ‘n skoot uithouvermoë sal
hierdie ervaring jou lank bybly.
Daag jouself uit en onderneem jou eie sielstog in die Klein Karoo.
Die Klein Karoo Camino – ‘n Reistog vir jou siel.
Nege dae - Padlangs te voet vir 120km al langs die voetheuwels van die Swartberge.
Aanpasbaar volgens u eie voorkeur: Aantal dae, datums en totale afstand.
SPITSKOP CAMINO
Voltooi asb. die vorm vir navrae en besprekings.
