TRAP JOU STORIE - GROOT BRAKRIVIER

Klein Karoo Camino, TrapJouStorie – ‘n Reistog vir die Siel.
DATUMS: Bevestiging by bespreking.
Tydsduur: 5 nagte / 6 dae
Gradering: Maklik
Afstand: 130km
Marika du Toit-van Heerden se liefde vir stap en fietsry, die natuur, stories en mense het tot hierdie unieke ervaring gelei. Sy begelei jou op ‘n sinvolle fietsrit in die hartjie van die Tuinroete. Deur middel van storievertelling kry jy die geleentheid om te reflekteer en bewus te raak van jou binnelandskap.
Soggens volg ons die
voetpaadjies van Groot Brakrivier langs agterpaaie waar die fynbos welig groei. Smiddae skryf, reflekteer en vertel ons stories.
Hierdie fietstog is ‘n ware sielsreis wat jou geïnspireerd en
verryk sal laat. Sluit aan by die stories en die pad van ontdekking – ‘n reis wat
jou op jou pad vorentoe sal bybly. Storieverteller en maatskaplike werker,
Brené Brown sê: "Owning our story and
loving ourselves through that process is the bravest thing we’ll ever do." Daag jouself uit en onderneem ‘n sielsreis deur die Tuinroete – vir jouself.
Kom trap saam met ons.
NAVRAE TRAP JOU STORIE
Voltooi asseblief hierdie vorm vir navrae of besprekings.
