DIE IKONIESE SWARTBERG
Swartberg_Flora_E Pos
Duur:                             5 dae/ 4 nagte

Gradering:                  Uitdagend

Totale afstand:         45 km

Die joernalis Lawrence G. Green het die Swartbergpas as een van die indrukwekkendstes ter wêreld beskryf. Volgens Green word dit slegs oortref deur die pad in die Himalajas anderkant Darjeeling wat na Tibet lei.

Die Swartbergpas word onlosmakend verbind aan die padingenieur Thomas Charles John Bain wat hierdie formidabele berg verower het deur 'n direkte lyn vanaf Oudtshoorn na die Prins Albert-stasie te bewerkstellig. Die steil hellings het dit ‘n besonder moeilike taak gemaak.

Kom stap vir vyf dae saam met ons in hierdie grootse bergreeks en ervaar hoe ook jou siel ‘n reistog beleef in die asemrowende skoonheid. Die roete is plek-plek uitdagend en dit word van stappers vereis om ‘n hoë mate van fiksheid te hê om die ongelyk terrein en teen die steiltes te kan stap. Ons slaap vir twee aande in 'n berghut op die berg en twee aande in ‘n chalet teen die berg. Daag jouself uit, verloor jou hart op ‘n berg en kom stap saam met ons in die Klein Karoo se Swartberge.

Die Klein Karoo Camino –‘n Reistog vir jou siel.

  Kom verloor jou hart op ‘n berg.  -  Kom stap saam met ons in die Swartberge.

Voltooi  asseblief die vorm vir navrae of besprekings vir die  Ikoniese Swartberg Camino.