SA WEERMAGTEVERENIGING - BOSOORLOG
Die Grensoorlog, ook bekend as die Bosoorlog, het van 26 Augustus 1966 tot 19 Mei 1989 geduur. Geen huishouding is onaangeraak gelaat om die Totale Aanslag af te weer nie: Ongeveer 500 000 dienspligtiges is gedurende die 23 jaar van die Bosoorlog deur die SA Weermag opgelei. Die oorlog was uiteindelik lotsbepalend vir die hele Suider - Afrika. 
Om die jong soldate van destyds se onskatbare bydrae tot Suid-Afrika se geskiedenis te vier, bied die SA Weermagtevereniging en die Klein Karoo Camino die 60ste Herdenking van die Bosoorlog op Oudtshoorn aan. Die SA Weermagtevereniging noem die byeenkoms "Ops Osprey."  Met Ops Osprey fokus ons op die toekoms, maar ons onthou ook ons verlede. 
Fondse word aangewend vir die SA Weermagtevereniging se werksaamhede asook om dienste aan oud-SAW lede bekend te stel.

Ops Osprey   24 - 27 September 2026  saam met die SA Weermagtevereniging en die Klein Karoo Camino 

Advertensie_AMT_REV
REGISTRASIE VOLLE PAKKET - VERBLYF INGESLUIT
PAKKETTE DAGBESOEKERS

WAT OM TE VERWAG


Kliek hierbo om die inligtingstukke oop te maak.

                                      Verblyfpakkette - alles ingesluit.                                        Dagbesoekers – alle aktiwiteite uitgesonder ontbyt en verblyf.

Ops OSPREY 

Kom geniet:

Goeie verblyf, lekker etes, biertent en stalletjies.
Veilige parkering met toegangsbeheer.
Noodhulppos op terrein.
Stalletjies – Boeke, aandenkings, Eenheids-kentekens, SAWV Uniform en nog vele meer.
“Die Groot Braai” - Kuiermusiek met Alan Ladd en Michael Lindt. - Lekker kuier en gesels om die braaivleisvure.
Die “Groot Gesprek” – aangebied deur kundiges.
Multimedia vertoning: “Dit is my storie”.
Toneelstuk: “Hinderlaag”.
Verhale: Lekkerlagstories en staaltjies
Vlagstryking

Aktiwiteite.

“Strydkar” uitdaging
“Handgranaat” gooi
Kettieskiet
2,4 Draf / Stap
“Skyngeveg”

Ons herdenk.

Oggendsinjaal
Erediens
Optrede: Jannie Moolman
Kranslegging ter ere van almal wat gedien / gesneuwel het.
Perderuiters en Honde word ook vereer.
Elke lid ontvang ‘n blom om by die podium te lê.
Elke geregistreerde lid ontvang ‘n Spesiale Herdenkings-Boshoed.
Deelnemers aan Ops. Jagarend ontvang sertifikate.

Ops Osprey – Ons fokus op die toekoms maar, ons onthou ons verlede.

DEEL JOU STORIE

Die meeste stories van die Bosoorlog-era is nog nie vertel nie. As deel van die 60e herdenking van die Bosoorlog wil ons graag soveel as moontlik van hierdie verhale, foto’s en toepaslike oudiovisuele materiaal insamel en dit van 24 - 27 September by die 60-Jarige Herdenking vertoon.
Stories kan handgeskrewe of getik en as aanhangsels op die e-pos ingesluit word. Foto's of oudiovisuele materiaal kan elektronies ingestuur word.

Onthou: U storie is uniek en kan bydra tot 'n kosbare nalatenskap.

Stuur gerus jou storie en foto’s na:  mystorie@kleinkaroocamino.co.za

support
Hand en Pen
Honde_01

Alle bydraes sal na die byeenkoms aan die SA Weermagtevereniging oorhandig word vir bewaring en navorsing by die Pro Patria Museum, Voortrekkermonumentkompleks.