SAWV BOSOORLOG HERDENKING - INLIGTING & REGISTRASIE 2026
Dit is 60 jaar sedert die begin van die Bosoorlog. Die soldate van destyds was meestal tienerseuns. Dit was ‘n tyd van diensplig doen, troep wees, kampe doen, grenstoe gaan, asook daardie lewensveranderende ervarings wat jong lewens vir altyd geraak het.
Van Donderdag 24 September tot Sondag 27 September is daar geleentheid om saam met destydse makkers te kuier en ook om jou familie te laat deel in dit wat jy beleef het.
Volledige pakkette wat alle kostes insluit sowel as vir dagbesoekers is beskikbaar.
Fondse is ten bate van die SA Weermagtevereniging.
VERBLYFPAKKETTE - ALLES INGESLUIT
Doen die volgende:
Stap 1: Lees eerstens die inligtingstuk kliek HIER
Stap 2. Kies jou verblyfopsie en bereken die deposito vir die aantal persone.
Stap 3: Betaal die deposito bedrag
Stap 4: Voltooi die registrasievorm en stuur.
Stap 5: Die balans is maandeliks in gelyke betalings betaalbaar.
(Die volle balans is betaalbaar op of voor Maandag 24 Augustus 2026.)
REGISTRASIEVORM - BOSOORLOG_2026 - VOL PAKKET
L.W. JOU BESPREKING IS EERS VERSEKER WANNEER DEPOSITO BETAAL IS.
BANKBESONDERHEDE:
SA Weermagtevereniging
ABSA BANK
Takkode: 632005
Rekeningnommer: 4074218926
VERWYSING: JOU NAAM EN VAN
NAVRAE:
Voltooi slegs indien daar enige iets nog onduidelik is: